Skooltoer

Daar word elke jaar in die eerste week van die 2de kwartaal n opvoedkundige skooltoer onderneem. Al ons leerders van graad 1 tot 7 gaan saam en is onder die bekwame toesig van ons onderwysers en n paar ouers wat saamgaan om te help met maaltye en die basiese dag-tot-dag versorging van die leerders. Hierdie ondervinding is van onskatbare waarde en die leerders geniet dit terdeë. Dit leer hulle ook om selfstandig en onafhanklik op te tree.

You’re braver than you believe, stronger than you seem, and smarter than you think.
– Winnie the Pooh

Scroll to top