Admissions

Eugéne Laäs, Skoolhoof

Zoetendal Akademie is elke ouer en leerder se droomskool. Hier is opgeleide en sorgsame personeel wat ons leerders se belange op die hart dra. By ons kan elke leerder binne eie reg hul potensiaal ontgin deur kleinklassies en massadeelname. By Zoetendal Akademie is elke leerder ‘n aktiewe deelnemer binne en buite die klaskamer. Die klein klassies maak dit moontlik dat leerders die aandag ontvang wat hulle nodig het. As onafhanlike skool word dit gebied teen ‘n baie beskostigbare fooi.

Om deel te kan wees van hierdie unieke skool aan die mees Suidelikste punt van Afrika in Kaap Agulhas is ‘n groot voorreg, wat nie vir almal beskore is nie. Ons is elke dag dankbaar vir die geleentheid om langs die see en die skoon blou lig te kan leer, deelneem en speel. Ons skool se aktiwiteite word so beplan dat elkeen kan deelneem. Deelname bou selfvertroue en elkeen se selfrespek word elke dag verder versterk.

Ons sien vir Zoetendal ‘n blink toekoms waar kinders se fondamente stewig gelê word vir hulle verdere skoolloopbaan. ‘n Gebalanseerde opvoeding en hande vat met ouers is die wenresep vir ons kinders se toekoms. Ons streef elke dag na uitnemende akademie, geleenthede tot deelname aan sport en kultuur en geestelike verryking geanker in ons Hemelse Vader.

Eugéne Laäs, Skoolhoof

Send us a message

    Scroll to top