Ons Visie
Zoetendal Akademie is 'n onafhanklike skool wat daarna streef om elke kind tot sy/haar volle potensiaal te laat ontwikkel in sy/haar totaliteit sodat hy/sy aan die einde van sy/haar laerskoolloopbaan 'n kind is wat akademies goed toegerus is, gebalanseerd is met Christelike waardes, 'n goeie selfbeeld het en wat weet dat hy/sy tot enigiets in staat is.
Ons Missie
Om ons visie te bereik, streef ons daarna om: Hoƫ akademiese standaarde te handhaaf in klein klasgroepe waar leerders individuele aandag kry met heelbrein- ontwikkeling in gedagte.
Leerders aan 'n verskeidenheid sport- en kultuuraktitwiteite bekend te stel met die klem op die aanleer van vaardighede en genot.
'n Gelukkige, ontspanne en veilige omgewing te skep waar Christelike waardes deurlopend uitgeleef word en kinders ook op 'n sosiale en emosionele vlak kan groei tot gebalanseerde, empatieke en respekvolle mense wat hul plek in die samelewing met uitnemendheid kan volstaan.
Ons Wapen
Die 3 betekenisse van ons wapen:
Tou - God is ons Redder
Anker - God is ons Anker
Stuurwiel - God is ons Leidsman
ONS LEUSE: KENNIS EN EER
