Op Saterdag 8 Mei het ons die Struisbaai Huismark hier by ons skool aangebied. Dit was ‘n reuse sukses! Na baie wik en weeg met die vorige week se swaar reën het ons tog besluit om voort te gaan. Vroeg oggend was ons sommer baie opgewonde toe die sonnetjie sy kop deur die wolke steek met die belofte van ‘n helder sonskyn dag wat almal sommer kom vul het met hoop en nuwe moed na al die skade en hartseer verhale van die week.
Graag wil ons dankie sê vir al die uitstallers by Struisbaai Huismark asook Martie Prins wat Struibaai Huismark gestig het en Zoetendal die geleentheid gegee het om die mark aan te bied. Dankie aan al ons personeel, ons snoepie span, ons beheerliggaam en ons skoliere! Dankie ook aan Juan van “The Digital Marketer” vir die pragtige fotos!
‘n Spesiale dankie aan ons gemeenskap en ouers wat ons so getrou kom ondersteun het! Sonder julle sou niks hiervan moontlik gewees het nie!
Dankie ook aan almal wat donasies gebring het vir LUV for Pets en Meals on Wheels se uitreik projekte, dit is wonderlik om ‘n gemeenskap só te sien saamstaan in tye van nood!
Ons kan nie wag vir die volgende een nie!