Op 13 April het die Zoeties na die Paarl vertrek op hul jaarlikse skooltoer. Hulle is een van die min skole wat elke jaar al hul leerders van Gr. 1 – 7 op ‘n toer neem. Op die 1ste dag het hul op Stellenbosch by die Giraffe House gestop waar hul geleer het van slange, spinnekoppe, die brulpadda ens. Daarna kon hul na die kameelperde, takbokke en menige ander diere gaan kyk. Op dag 2 het hul ‘n besige dag gehad. Hul het die Leeupark, Chimphaven en Butterfly World besoek. Op dag 3 was dit ‘n nog besiger dag. Hul het vroeg die oggend die Taalmonument in die Paarl besoek. Daarna is hul na die Hugenote Sjokoladefabriek en die middag het hul hul gate uit geniet by Graceland Venues. Op die laaste dag van die toer het hul nog ‘n besoek by die Spierlandgoed by die Eagle Encounters ingepas waar hul baie oor uile, valke en arende geleer het. Al die Zoeties het die baie geniet!