Zoetendal Akademie se atlete blink uit by Suidpunt Atletiek

Zoetendal Akademie se atlete blink uit by Suidpunt Atletiek
Bredasdorp – Zoetendal Akademie se atlete het op Vrydag, 31 Januarie 2025, aan die Suidpunt Atletiekbyeenkoms in Bredasdorp deelgeneem en met indrukwekkende prestasies gespog. Hierdie talentvolle groep leerders het hul beste gegee en vyf van hulle het deurgedring na die Overberg Atletiekbyeenkoms wat op 15 Februarie in Hermanus plaasvind.

Die atlete wat vir Suid-Boland gekwalifiseer het, is:
• Marnus Coetzee in graad 7 vir diskus en spiesgooi
• Mindie Swart in graad 7 vir 200m, verspring, hoogspring en spiesgooi
• Ané Donald in graad 6 vir verspring en hoogspring
• Philip Liebenberg in graad 7 vir gewigstoot
• Culture MacDalion in graad 2 vir 60m
Hierdie groep se harde werk, toewyding en sportmangees is iets waarop Zoetendal Akademie en die gemeenskap baie trots is. Die skool wil graag vir elke deelnemer gelukwens en wens hulle alle sterkte toe vir die volgende ronde in Hermanus.
“Ons is ongelooflik trots op ons atlete. Hulle wys dat deur harde werk en deursettingsvermoë enigiets moontlik is,” sê Marietjie Holder, sportorganiseerder van Zoetendal Akademie.
Die skool moedig die gemeenskap aan om hierdie atlete te ondersteun terwyl hulle voorberei vir die volgende groot uitdaging. Baie sterkte, julle het reeds gewys dat julle kampioene is!

Scroll to top