🎉 𝐁𝐚𝐢𝐞 𝐠𝐞𝐥𝐮𝐤 𝐚𝐚𝐧 𝐒𝐲𝐝𝐧𝐞𝐲 𝐃𝐚𝐧𝐢𝐞𝐥 – 𝐍𝐚𝐬𝐢𝐨𝐧𝐚𝐥𝐞 𝐊𝐚𝐦𝐩𝐢𝐨𝐞𝐧! 🥋
Ons is ongelooflik trots op Sydney Daniel in Graad 6, wat die afgelope naweek aan die SAKA Nasionale Skopboks Kampioenskappe in Newcastle deelgeneem het. Sydney het uitmuntend presteer deur twee silwer en een goue trofee te verower. Sy is nou die Suid-Afrikaanse kampioen in die F YC PF +47kg-kategorie!
Sydney is ‘n lid van die MMA Dragons-klub onder leiding van Sensei Brenda de Villiers. Haar toewyding en harde werk is ‘n inspirasie vir ons almal. Ons wens haar alle sukses toe in haar toekomstige sportloopbaan. 🌟
