Drome word waar!
Zoetendal Akademie se jare lange droom om hulle eie sportgronde te besit is besig om vandag ‘n werklikheid te word. Die Kaap Agulhas Munisipaliteit het grond voorbereiding goedgekeur en die werk het reeds begin.
Ons is werklikwaar opgewonde vir hierdie geskiedkundige moment en positiewe stap in the skool se groei proses! Ons beskou die skool as ‘n integrale deel van ons gemeenskap en ons harte wens is om die plaaslike kinders die beste moontlike geleenthede te gee om hulle self te ontwikkel.
Die ontwikkeling van die sportgronde is ‘n uiters noodsaaklike stap in daardie rigting en sal help om ons drome vir ons kinders en ons gemeenskap waar te maak.
Fase een van die plan is om eers die perseel skoon en gelyk te maak om ‘n atletiekbaan en rugbyveld te vestig. As die fondse beskikbaar is wil ons graag n mooi estetise heining opsit rondom die sportgronde sonder om toegang te versper vir die gemeenskap na die gronde.
Geen Melkhout bome sal verwyder word nie en slegs bome wat die atletiekveld versper sal verwyder word. Die skool beplan ook ‘n aanplantings program om weer bome te vervang op strategiese plekke sodra die projek afgehandel is.
Ons glo die lokale gemeenskap, sowel as die weier gemeenskap gaan baie baat vind by hierdie ontwikkeling aangesien dit toeganklik sal wees vir almal vir rekreasie doeleiendes en ook vir die skool om sport geleentehede aan te bied..
Meer inligting oor die beplande ontwikkeling van die sportgronde sal beskikbaar wees by die skool en u is welkom om kontak te maak met die Skoolhoof, Andre Cruywagen by die skool, tel 0836576177 of per epos kulucruywagen@gmail.com .
Francois Viljoen is die Lid van die Skool Beheerliggaam wat die tegniese aspekte van die projek bestuur en u kan hom ook by die skool kontak.
Ons vra die gemeenskap van Agulhas en Struisbaai om asseblief in te koop by hierdie droom en ‘n positiewe bydrae te maak tot ons kinders se toekoms en drome.
SBL Zoetendal Akademie