Potjiekoskompetisie ten bate van Zoetendal Akademie, Agulhas

Dit gaan kook net anderkant Spookdraai in Agulhas op Saterdag, 5 Maart. Kom deel in die pret en proe by die potjiekoskompetisie ten bate van Zoetendal Akademie. Hierdie laerskool aan die suidpunt van Afrika vier vanjaar hulle 25ste bestaansjaar en die hele familie is welkom om die dag by die kampeerterrein aan Agulhas se seefront te kom geniet. Daar gaan ‘n pretdraf langs die kus wees, lekker pryse, eetgoed, goeie wyn en natuurlik potjiekos. Kom kuier saam terwyl die potjiekosspanne dit uitspook om die kampvure vir die titel as potjiekoskampioene. Saam kan ons op ‘n gesellige wyse fondse insamel om hierdie vinniggroeiende skool te help om uitstekende onderrig aan kinders te bied in klein klasse en ‘n pragtige omgewing.

Datum: 5 Maart 2022

Tyd: 09:00

Plek: L’Agulhas Karavaanpark, Hoofweg, Agulhas

Toegangsgeld: R30 per volwassene, R10 per kind.

Vir meer inligting of om in te skryf vir die potjiekoskompetisie, kontak Annelize Blom by create@annelizeb.com

Scroll to top